Svoboda | Graniru | BBC Russia | Golosameriki | Facebook
Gaan na inhoud

Oakland Athletics

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Oakland A's se uniformlogo.
Die Oakland A's se kenteken op hul bofbalpet.
Die A's se huidige tuisveld, Oakland Coliseum.

Die Oakland Athletics (dikwels slegs die Oakland A's) is 'n Amerikaanse professionele bofbalspan wat tans gebaseer is in Oakland, Kalifornië, maar in die voorsienbare toekoms na Las Vegas gaan verskuif. Die Athletics ding mee in Major League Baseball (MLB) as 'n lid van die Amerikaanse Liga (AL) se Westelike Divisie (AL-Wes). Die span speel tans sy tuiswedstryde by die Oakland Coliseum, met planne om tydelik te verskuif na Sutter Health Park in Wes-Sacramento, Kalifornië, vir die 2025–2027 seisoene (met 'n opsie vir die 2028-seisoen), voor hul beplande permanente verskuiwing na Las Vegas.[1] Die verskuiwing sal die eerste deur 'n MLB-span wees sedert die Montreal Expos verskuif het na Washington, D.C., waarna hulle die Washington Nationals geword het. Die nege Wêreldreeks-kampioenskappe, vyftien wimpels en sewentien divisietitels wat die A's deur hul geskiedenis gewen het, is die tweede hoogste in die Amerikaanse Liga ná die New York Yankees.

Die span is een van die Amerikaanse Liga se agt "charter franchises". Die span is in 1901 in Philadelphia gestig as die Philadelphia Athletics. Hulle het drie Wêreldreeks-kampioenskappe in 1910, 1911 en 1913 gewen, en opeenvolgende titels in 1929 en 1930. Die span se eienaar en bestuurder vir sy eerste 50 jaar was Connie Mack, met "Hall of Fame spelers" soos Chief Bender, Frank "Home Run" Baker, Jimmie Foxx en Lefty Grove. Die span het Philadelphia in 1955 verlaat vr Kansas City en die Kansas City Athletics geword, voordat hulle in 1968 na Oakland verhuis het. Met die bynaam die "Swingin' A's" onder eienaar Charlie O. Finley het hulle drie opeenvolgende Wêreldreeks-titels in 1972, 1973 en 1974 verower, gelei deur spelers soos Vida Blue, Catfish Hunter, Reggie Jackson en Rollie Fingers. Nadat die franchise deur Finley aan Walter A. Haas Jnr. verkoop is, het die span drie agtereenvolgende wimpels gewen en die 1989 Wêreldreeks met die "Bash Brothers", Jose Canseco en Mark McGwire, asook die "Hall of Famers" Dennis Eckersley, Rickey Henderson en bestuurder Tony La Russa, ingepalm. In 2002 het die Athletics die rekord opgestel vir die meeste opeenvolgende oorwinnings in 'n seisoen met twintig opeenvolgende oorwinnings, 'n gebeurtenis wat die baanbrekerstap in die toepassing van "sabermetrie" in bofbal sou wees.

Ná die California Golden Seals se verskuiwing na Cleveland in 1976, die Golden State Warriors se skuif oor die baai na San Francisco in 2019, en die Oakland Raiders se skuif na Las Vegas in 2020, was die Athletics die enigste oorblywende professionele sportspan in Oakland. Op 20 April 2023 het die Athletics egter aangekondig dat hulle 'n grondkoopooreenkoms aangegaan het met Red Rock Resort geleë naby Las Vegas, Nevada om 'n nuwe balpark op die Las Vegas-strook te bou, wat die Athletics se planne om van Oakland na die Las Vegas-vallei te verhuis gefinaliseer het.[2][3][4][5] Op 9 Mei 2023 het die Athletics hul beplande ligging in die Las Vegas-omgewing verander na die terrein van die Tropicana Las Vegas hotel en casino, wat gesloop sal word om 'n nuwe stadion met 33 000 sitplekke (met 'n gedeeltelik intrekbare dak) en 'n hotel en casino met 1 500 kamers te bou.[6] Teen 15 Junie 2023 het Nevada se goewerneur, Joe Lombardo, 'n MLB-stadionfinansieringswetsontwerp onderteken, nadat die wetsontwerp deur die Nevada-wetgewer en die Athletics goedgekeur is, en die Athletics amptelik aangekondig het dat hulle met die hervestigingsproses begin.[7] Op 16 November 2023 het die MLB se eienaars eenparig die Athletics se versoek om na die Las Vegas-area te verskuif goedgekeur.[8][9] Voor die geskeduleerde skuif na Las Vegas in 2028, sal die span speel in Wes-Sacramento se Sutter Health Park (tuiste van die San Francisco Giants se "Triple-A" affiliaat, die Sacramento River Cats) tydens die 2025–2027 seisoene (met 'n opsie vir die 2028 seisoen indien nodig).[10] Terwyl die span in Wes-Sacramento speel, beplan hulle om slegs bekend te staan as die "A's" en "Athletics," met geen stadsnaam daaraan gekoppel nie.[11]

Die franchise se wen-verloor-gelykop rekord van 1901 tot aan die einde van 2023 is: 9,260 wedstryde gewen, 9,766 wedstryde verloor en 87 wedstryde gelykop gespeel ('n wenpersentasie van .487). Sedert die span in 1968 na Oakland verskuif het, is hulle algehele wen/verloor rekord 4,545/4,294, 'n wenpersentasie van .514 (bepaal tot aan die einde van 2023).[12]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Oakland A’s to play in Sacramento’s Sutter Health Park beginning in 2025 ahead of move to Las Vegas
  2. Stutz, Howard; Mueller, Tabitha (19 April 2023). "Sources: Lombardo, lawmakers on board with planned $1 billion Las Vegas baseball stadium". The Nevada Independent (in Engels). Besoek op 20 April 2023.
  3. "Oakland A's close in on move to Las Vegas after signing land deal for stadium". The Guardian (in Engels). 20 April 2023. ISSN 0261-3077. Besoek op 20 April 2023.
  4. Dubow, Josh (20 April 2023). "Oakland A's purchase land for new stadium in Las Vegas". SFGate (in Engels). Associated Press. Besoek op 20 April 2023.
  5. "Oakland A's agree to purchase land near Las Vegas Strip". KGO-TV (in Engels). 20 April 2023. Besoek op 20 April 2023.
  6. "A's pivot to new site for Vegas baseball stadium, lowering public funding request". The Nevada Independent (in Engels). 9 Mei 2023. Besoek op 9 Mei 2023.
  7. "Nevada governor signs A's stadium funding bill". KLAS (in Engels (VSA)). 15 Junie 2023. Besoek op 16 Junie 2023.
  8. Feinsand, Mark (16 November 2023). "Owners' vote approves A's relocation to Las Vegas for 2028". MLB.com. MLB Advanced Media. Besoek op 16 November 2023.
  9. Hawkins, Stephen; Blum, Ronald (16 November 2023). "The Oakland Athletics' move to Las Vegas has been approved by MLB owners, AP sources says". APNews.com (in Engels). Associated Press. Besoek op 16 November 2023.
  10. @Athletics (4 April 2024). "Sutter Health Park in West Sacramento will host the A's for the 2025-27 seasons - ahead of the team's move to Vegas in 2028" (Tweet). Besoek op 4 April 2024 – via Twitter.
  11. Oakland A’s to play in Sacramento’s Sutter Health Park beginning in 2025 ahead of move to Las Vegas
  12. "Oakland Athletics Team History & Encyclopedia". Baseball Reference. Sports Reference. Besoek op 27 Oktober 2020.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • Bergman, Ron. Mustache Gang: The Swaggering Tale of Oakland's A's. Dell Publishing Co., New York, 1973.
  • Dickey, Glenn. Champions: The Story of the First Two Oakland A's Dynasties—and the Building of the Third. Triumph Books, Chicago, 2002. ISBN 1-57243-421-X
  • Jordan, David M. The Athletics of Philadelphia: Connie Mack's White Elephants, 1901–1954. McFarland & Co., Jefferson NC, 1999. ISBN 0-7864-0620-8.
  • Katz, Jeff. "The Kansas City A's & The Wrong Half of the Yankees." Maple Street Press, Hingham, Massachusetts, 2006. ISBN 978-0-9777436-5-0.
  • Kuklick, Bruce. To Everything a Season: Shibe Park and Urban Philadelphia 1909–1976. Princeton University Press, Princeton NJ, 1991. ISBN 0-691-04788-X.
  • Lewis, Michael. Moneyball: The Art of Winning an Unfair Game. W. W. Norton & Co., Inc., New York, 2003. ISBN 0-393-05765-8.
  • Markusen, Bruce. Baseball's Last Dynasty: Charlie Finley's Oakland A's. Master Press, Indianapolis, 1998.
  • Peterson, John E. The Kansas City Athletics: A Baseball History 1954–1967. McFarland & Co., Jefferson NC, 1999. ISBN 0-7864-1610-6.
  • Slusser, Susan. 100 Things A's Fans Should Know & Do Before They Die. Triumph Books, Chicago, 2015. ISBN 978-1629370682.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]