Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Die Hongkongse nasionale krieketspan (Chinees: Tradisionele karakters: 香港板球男子代表隊, Vereenvoudigde karakters: 香港板球男子代表队, Pinyin: Xiānggǎng Bǎnqiú Nanzǐ Dàibiǎoduì, Jyutping: Hoeng1gong2 Baan2kau4 Naam4zi2 Doi6biu2doi6*2) is die nasionale krieketspan wat die spesiale administratiewe streek van die Volksrepubliek China Hongkong in internasionale krieket verteenwoordig. Hulle word bestuur deur Krieket Hongkong (CHK, van Engels: Cricket Hong Kong; Chinees: 香港板球) wat in 1969 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword het. Hongkong het sy eerste krieketwedstryd in Maart 1866 gespeel. Hongkong het sy eerste EDIs tydens die Asiatiese Beker 2004 gespeel, en in Januarie 2014 is, nadat hulle tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 derde geëindig het, aan hulle EDI-status tot in 2018 toegeken. Die span het in November 2013 T20I-status verkry, nadat hulle vir die T20I-wêreldbeker 2014 gekwalifiseer het. Hongkong was sy EDI-status in Maart 2018 kwyt, nadat hulle in die uitspeelwedstryd tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2018 teen Nederland verloor het. In September 2018 het Hongkong egter twee bykomende EDI-wedstryde tydens die Asiatiese Beker gespeel, nadat hulle die T20I-wêreldbekerkwalifikasie kon wen en die IKR aangekondig het dat al die wedstryde tydens die hooftoernooi as EDI-wedstryde erken sal word. Hongkong het tot dusver aan elke krieketwêreldbekerkwalifiseringstoernooi, behalwe vir dié in 1979 en 2005, deelgeneem. Hulle het ook aan twee Interkontinentale Bekertoernooie deelgeneem, in 2005 en in 2015/17, asook aan twee T20I-wêreldbekertoernooie, in 2014 en 2016. In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Hongkong ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word. Hongkong is tans (Julie 2024) 22ste op die Twintig20-wêreldranglys.
In die nuus
![]()
![]() Het u geweet...
... dat Montreal in Kanada die tweede grootste Franstalige stad in die wêreld is? Dit is met die 3,9 miljoen inwoners in die metropolitaanse gebied die grootste stad van die Franstalige provinsie Quebec en die tweede grootste in Kanada. ...dat Edmund Hillary oorspronklik 'n byeboer was? Dit was 'n somerwerk wat hom tyd gegee het om in die winter berg te klim. ...dat Elisha Gray sy patent vir die telefoon 'n uur vóór Alexander Graham Bell geregistreer het? Na jare van regsgedinge het Bell die patent gekry. ...dat daar sedert 30 Januarie 2017 'n gemeenskaplike landgrens tussen die Afrika-unie en die Europese Unie is? Die twee klein eksklawes Ceuta en Melilla van die EU-lidland Spanje grens aan die AU-lidland Marokko. ... dat die skrywer J.R.R. Tolkien op 3 Januarie 1892 in Bloemfontein gebore is? Sy pa is kort voor sy geboorte na Suid-Afrika verplaas, waar hy aan die hoof van 'n Britse bank gestaan het. Die toekomstige skrywer is egter op driejarige ouderdom terug na Engeland geneem.
![]() Vandag in die geskiedenis
3 Augustus: Onafhanklikheidsdag in Niger (1960) ![]()
|
![]() Vind artikels
![]() | |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
![]() Wikipedia in ander tale
![]()
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
![]() Susterprojekte
![]() | ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|