Svoboda | Graniru | BBC Russia | Golosameriki | Facebook

Stade Geoffroy-Guichard

Die Stade Geoffroy-Guichard is 'n meerdoelige stadion in die Franse stad Saint-Étienne. Dit is genoem na Geoffroy Guichard, die stigter van die Franse kettingwinkel-groep Casino. Guichard het die perseel gekoop waarop die stadion opgerig is, en ook die sokkerklub AS Saint-Étienne is oorspronklik deur Casino-werkers gestig.

Stade Geoffroy-Guichard
Bynaam Le Chaudron vert ("die Groen Ketel")
L'Enfer vert ("die Groen Hel")
Ligging Saint-Étienne, Frankryk
Koördinate 45°27′39″N 4°23′25″O / 45.46083°N 4.39028°O / 45.46083; 4.39028
Eienaar Stad Saint-Étienne
Operateur Saint-Étienne Métropole
Kapasiteit 42 000
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit September 1930
Gebou 1930–1931
Geopen 13 September 1931
Renovasie 1983–1984, 1996–1998, 2011–2014
Uitgebrei 1938, 1983
Argitek Meyer en Saidoun (1930)
Berger en Jallon (1998)
Chaix en Morel (2016)
Huurders
AS Saint-Étienne
Die Stade Geoffroy-Guichard se spelertonnel

In die Stade Geoffroy-Guichard word hoofsaaklik sokkerwedstryde gehou soos dié van die Europese Sokkerkampioenskap 1984, die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003 en die Europese Sokkerkampioenskap 2016. Die stadion word daarnaas ook vir rugbywedstryde gebruik en was een van die gasheerstadions van die Rugbywêreldbeker 2007 en die Rugbywêreldbeker 2023.

Die stadion dra die byname le Chaudron vert ("die Groen Ketel") en l'Enfer vert ("die Groen Hel") – 'n verwysing na die plaaslike sokkerklub AS Saint-Étienne se spankleure. Die byname is sedert die 1960's en 1970's gebruiklik toe die klub nog baie gewild was en groot getalle toeskouers gelok het. Die stadion se grootste aantal toeskouers was 47 000 in die jaar 1985.

Die stadion is op 13 September 1931 ingewy en die eerste wedstryd tussen AS Saint-Étienne en FAC Nice het vier dae later plaasgevind.

Fotogalery

wysig

Wedstryde

wysig

Europese Sokkerkampioenskap 1984

wysig
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
14 Junie 1984 20:30   Roemenië 1–1   Spanje Groep B 16 972
19 Junie 1984 20:30   Frankryk 3–2   Joego-Slawië Groep A 47 589

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998

wysig
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
14 Junie 1998 17:30   Joego-Slawië 1–0   Iran Groep F 30 600
17 Junie 1998 17:30   Chili 1–1   Oostenryk Groep B 30 600
19 Junie 1998 21:00   Spanje 0–0   Paraguay Groep D 30 600
23 Junie 1998 21:00   Skotland 0–3   Marokko Groep A 30 600
25 Junie 1998 16:00   Nederland 2–2   Meksiko Groep E 30 600
30 Junie 1998 21:00   Argentinië 2–2 (4–3 straf.)   Engeland Agtste eindrondte 30 600

FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003

wysig
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
19 Junie 2003 19:00   Turkye 2–1   Verenigde State Groep B 16 944
20 Junie 2003 21:00   Frankryk 2–1   Japan Groep A 33 070
22 Junie 2003 21:00   Japan 0–1   Colombia Groep A 24 541
23 Junie 2003 21:00   Brasilië 2–2   Turkye Groep B 29 170
28 Junie 2003 18:00   Colombia 1–2   Turkye Klein finale 18 237

Rugbywêreldbeker 2007

wysig
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
9 September 2007 18:00   Skotland 56–10   Portugal Groep C 34 162
26 September 2007 20:00   Samoa 25–21   Verenigde State Groep A 34 124
29 September 2007 21:00   Skotland 18–16   Italië Groep C 34 071

Europese Sokkerkampioenskap 2016

wysig
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
14 Junie 2016 21:00   Portugal 1–1   Ysland Groep F 38 742
17 Junie 2016 18:00   Tsjeggië 2–2   Kroasië Groep D 38 376
20 Junie 2016 21:00   Slowakye 0–0   Engeland Groep B 39 051
25 Junie 2016 15:00   Switserland 1–1 (5–4 straf.)   Pole Agtste eindrondte 38 842

Rugbywêreldbeker 2023

wysig
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
9 September 2023 13:00   Italië 52–8   Namibië Groep A 35 515
17 September 2023 17:45   Australië 15–22   Fidji Groep C 41 294
22 September 2023 17:45   Argentinië 19–10   Samoa Groep D 38 358
1 Oktober 2023 17:45   Australië 34–14   Portugal Groep C 41 342

Eksterne skakels

wysig