Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Kaptein Jack Sparrow is 'n fiktiewe karakter en die hoofkarakter van die Pirates of the Caribbean-rolprentreeks en -franchise. 'n Vroeë weergawe van Sparrow is deur die draaiboekskrywers Ted Elliott en Terry Rossio geskep, maar die finale karakter is geskep deur die akteur Johnny Depp, wat ook die rol vertolk. Die karakter, 'n seerower, is geskoei op 'n kombinasie van The Rolling Stones se kitaarspeler Keith Richards en Looney Tunes-strokiesprente, veral die karakters Bugs Bunny en Pepé Le Pew. Hy verskyn die eerste keer in die rolprent van 2003 Pirates of the Caribbean: The Curse of the Black Pearl, en later in die opvolgprente Dead Man's Chest (2006), At World's End (2007), On Stranger Tides (2011) en Dead Men Tell No Tales (2017). In die rolprente is Sparrow een van die seerowerlords in die Brethren Court, die Seerowerlords van die Sewe Seë. Hy kan verraderlik wees en oorleef hoofsaaklik deur sy brein te gebruik en te onderhandel, eerder as deur krag. Hy vlug van die gevaarlikste situasies en veg net indien nodig. Sparrow word bekendgestel waar hy sy skip, die Black Pearl, probeer terugkry van sy muitsugtige eerste stuurman, Hector Barbossa. Nadat hy geslaag het, probeer hy ontsnap van sy slegte skuld aan die legendariese Davy Jones, terwyl hy teen die Oos-Indiese Kompanjie veg. Later, toe hy na die Fontein van Jeug soek, word hy ontvoer en op Swartbaard se Queen Anne's Revenge geneem, waar hy gedwing word om hom na die Fontein te lei terwyl die Black Pearl in 'n bottel vasgekeer is. In 'n latere avontuur, toe die Spaanse spookkaptein Armando Salazar hom jaag, soek hy na die Drietandvurk van Poseidon terwyl hy ook probeer om die Pearl tot sy oorspronklike vorm te herstel. Die Pirates of the Caribbean-reeks is geïnspireer deur die Disney-temaparkrit met dieselfde naam. Toe die rit in 2006 opgeknap is, is die karakter Jack Sparrow bygevoeg. Hy is die onderwerp van ander boeke, onder meer die kinderreeks Pirates of the Caribbean: Jack Sparrow, wat van sy kinderjare vertel.
In die nuus
Het u geweet...
...die eerste duikboot reeds in 1620 gebou is? Die Nederlandse Cornelis Drebbel het een vir die Engelse koning gebou en in die Teems getoets. ... dat Asië en Noord-Amerika op verskillende tye in die verlede deur die Beringlandbrug verbind is? Die laaste keer was tussen 22 000 en 7 000 jaar gelede. ... dat Suid-Afrika die VSA gehelp het met intelligensie as deel van ECHELON? By die Silwermyn Natuurreservaat is antennes wat sedert die 1970's vir spioenasie gebruik is. ...dat die heel eerste artikel wat op die Afrikaanse Wikipedia geskep is, Hindoeïsme was? Dit was op 17 November 2001. ...dat radiogolwe vinniger as klankgolwe beweeg? Tydens 'n regstreekse uitsending sal radioluisteraars duisende kilometers weg 'n stem hoor nog voor die mense wat agter in die opnamelokaal sit dit hoor.
Vandag in die geskiedenis
24 Augustus: Feesdag van Sint Bartolomeus (Westerse Christendom); Onafhanklikheidsdag in Oekraïne (1991); feesdag vir die nuwe Nederlanders (ingestel in 2005)
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|