Svoboda | Graniru | BBC Russia | Golosameriki | Facebook
Gaan na inhoud

Abiquasput

Koördinate: 27°17′33″S 20°04′02″E / 27.29250°S 20.06722°O / -27.29250; 20.06722
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Abiquasput is 'n nedersetting in die Noord-Kaap, Suid-Afrika, na aan die grens met Namibië.

Die naam kom ook soms voor as Abiquas Puts en Abiekwaputs en verwys na die Tamarix austro-africana, waarvan die inheemse naam abiqua, obiqua, abikwa of abiekwa is. Die San het die takke van dié plante gebruik om boë en stokke vir grawe te maak en die Khoikhoi het blykbaar na die San verwys as Obiqua of Abiqua. Daarom kom die plek se naam óf van die Tamarix of van die San wat dit gebruik het.

  • (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.

27°17′33″S 20°04′02″E / 27.29250°S 20.06722°O / -27.29250; 20.06722