Svoboda | Graniru | BBC Russia | Golosameriki | Facebook
Gaan na inhoud

Bakoe-treinstasie

Koördinate: 40°45′29″N 49°11′21″O / 40.75806°N 49.18917°O / 40.75806; 49.18917
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Bakoe-treinstasie
Treinstasie


Lokasie

Bakoe, Azerbeidjan


Koördinate

40°45′29″N 49°11′21″O / 40.75806°N 49.18917°O / 40.75806; 49.18917


Konstruksie

Geopen: 1880

Herbou: 1926

Restourasie: 1977 en 2017

Bakoe-treinstasie (Azerbeidjans: Bakı Dəmir Yolu Vağzalı) is die sentrale treinstasie in Bakoe, Azerbeidjan. Dit is die grootste en belangrikste treinstasie in Azerbeidjan en bied daaglikse verbindings met baie ander stede, waaronder Gəncə, Lənkəran, Mingəçevir, Zaqatala, etc. Dit bied ook daaglikse verbindings na Georgië en Rusland.[1]

Bakoe-treinstasie is ook die middelpunt van die Bakoese Pendelspoordiens, met pendeltreindienste na die voorstede van Bakoe en na die nabygeleë stad Sumqayit.[1] Die moltreinstasie 28 May van die Bakoese Metro is net langs die treinstasie.[2] Alle passasiersdienste (behalwe die Bakoese Metro) word deur die nasionale spoorwegmaatskappy Azərbaycan Dəmir Yolları bedryf.[1]

Die eerste stasiegebou van Bakoe is in 1880 gebou. Die tweede en huidige stasiegebou is deur die argitek X. K. Wasiljew ontwerp en in 1926 gebou.[3] In 1977 en 2017 is die treinstasie opgeknap.[4]

Fotogalery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 "Hərəkət Cədvəli" (in Azerbeidjans). Ticket.ady.az. 2021. Besoek op 17 Oktober 2021.
  2. "History" (in Engels). Metro.gov.az. 2015. Besoek op 17 Oktober 2021.
  3. "Бакинский железнодорожный вокзал - Тифлисский вокзал (Баку)" (in Russies). Ourbaku.com. 2016. Besoek op 17 Oktober 2021.
  4. "Ilham Aliyev, his spouse attend opening of newly renovated Baku Railway Station (PHOTO)" (in Engels). Trend.az. 10 Februarie 2017. Besoek op 17 Oktober 2021.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]