Hans Ramberg (geoloog)
Voorkoms
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Moet nie met Hans Erik Ramberg, die sokkerspeler verwar word nie.
Hans Ramberg (15 Maart 1917 - 7 Junie 1998) was 'n Noorweegs-Sweedse geoloog. Die mineraal rambergiet is na hom vernoem.
Lewe en Werk
[wysig | wysig bron]Hy het sy Ph.D van die Universiteit van Oslo in 1946 ontvang. Daarna het hy by die Universiteit van Chicago (1948-1961), die Geofisiese Labratorium van die Carnegie Instituut for Wetenskap (1952-1955), die Universidade Federal de Ouro Preto (1960-1961) en vir die res van sy loopbaan by die Universiteit van Uppsala (1961-1982) gewerk. [1] In 1967 is hy verkies tot lid van die Royal Swedish Academy of Sciences, en in 1972 is die Wollaston-medalje aan hom toegeken.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Talbot, Christoper J. (2000). "Introduction: Hans Ramberg and this Volume". In Hemin A. Koyi and Neil S. Mancktelow. (red.). Tectonic modeling : a volume in honor of Hans Ramberg. Boulder, Colo.: Geological Society of America. ISBN 978-0-8137-1193-5.