Svoboda | Graniru | BBC Russia | Golosameriki | Facebook
Gaan na inhoud

Katima Mulilo-brug

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Katima Mulilo-brug met die Zambezirivier in die voorgrond.

Die Katima Mulilo-brug oor die Zambezirivier is ‘n belangrike skakel in die trans-Caprivi-hoofweg in suidelike Afrika.

Ligging

[wysig | wysig bron]

Die brug is by 17° 28′ 18″ suid, 24° 14′ 59″ oos, by die Wenela-grenspos in Namibië (3 km wes van die dorp Katima Mulilo) en Sesheke in Zambië. Dit is op die punt waar die M10-pad (tussen Livingstone in die suide en Mongu in die noorde) en die B8-pad (tussen Ngoma Bridge aan die Choberivier in die ooste op die grens met Botswana en Otavi in Namibië in die weste) aan mekaar skakel. Die brug lê net-net op Zambiese grondgebied.

Belangrikheid

[wysig | wysig bron]

Die trans-Caprivi-korridor is van groot ekonomiese belang vir die suidelike deel van sentraal Afrika. Die pad van nagenoeg 3 000 km verbind veral die kopermyne rondom Kolwezi, Lubumbashi, Kitwe en Ndola sowel as Lusaka en Livingstone via die Caprivistrook met die diepseehawe van Walvisbaai. Ongeveer ‘n 200 vragmotors gebruik daagliks die brug en dit duur 4 dae om die hawe vanaf die myne te bereik.

Dit is 877,4 m lank, 10,1 m breed en het 19 boë. Bouwerk het in April 2002 begin en op 13 April 2004 is dit deur die presidente van Zambië en Namibië amptelik ingewy. Die konstruksiewerk is uitgevoer deur die firmas Concor van Suid-Afrika en Hochtief van Duitsland.

Lees ook

[wysig | wysig bron]

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • Dierks, Klaus: The History of the Zambezi Bridge from Namibia tot Zambia: 1982-2004. klausdierks.com
  • germanyinafrica.diplo.de
  • kfw.de