Svoboda | Graniru | BBC Russia | Golosameriki | Facebook
Gaan na inhoud

Magwa-waterval

Koördinate: 31°26′42″S 29°38′20″O / 31.44511°S 29.63895°O / -31.44511; 29.63895
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Magwa-waterval
Magwa-waterval is in Oos-Kaap
Magwa-waterval
Magwa-waterval
Ligging van die Magwa-waterval in die Oos-Kaap van Suid-Afrika.

Die Magwa-waterval is 'n waterval in die kusgebied van die Oos-Kaap van Suid-Afrika.

Hierdie waterval lê 24 km suidoos van Lusikisiki, 43 km van Port St. Johns, naby die kusoordjie Embotyi (Mbotyi) en by die Magwa-teeplantasie. Dit is by die koördinate 31°26′42″S 29°38′20″O / 31.44511°S 29.63895°O / -31.44511; 29.63895

Die val is 140 m hoog en in 'n nou skeur geleë. In 'n goeie reënseisoen lyk dit na 'n klein weergawe van die Victoria-waterval.

Ander watervalle aan die Wildekus in die omgewing van die Magwaval is die Fraser-waterval, die Mfihlelo-waterval en die Mateku-waterval. Die Magwa-waterval is die enigste van hierdie watervalle wat redelik maklik bereikbaar is. Die ander word alleen gesien deur onverskrokke voetslaners.

Magwa is die Xhosa-woord vir wonderlik.

Ander watervalle

[wysig | wysig bron]

Ander watervalle in die direkte omgewing is

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • De Kock, Victor: So fair a land. Union Booksellers, ongedateerd. Pretoria