Svoboda | Graniru | BBC Russia | Golosameriki | Facebook
Gaan na inhoud

Mia Goth

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Mia Goth
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Mia Goth in 2013

Geboortenaam Mia Gypsy Mello da Silva Goth
Geboorte 30 November 1993 (1993-11-30) (30 jaar oud)
Nasionaliteit Engels
Lewensmaat Shia LaBeouf (2012-2018, 2020-hede)
Kinders 1
Beroep(e) Aktrise
Aktiewe jare 2012–hede
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Mia Gypsy Mello da Silva Goth (gebore 30 November 1993) is 'n Engelse aktrise. Nadat sy as tiener modelwerk gedoen het, het Goth haar debuut in die erotiese kunsfilm Nymphomaniac (2013 gemaak. Sy het erkenning verwerf met die rolprente The Survivalist (2015), High Life (2018), Suspiria (2018), en Emma (2020). Sy het 'n loopbaandeurbraak behaal vir haar rol as "Maxine Minx" en "Pearl" in die X film-reeks (2022–2024), wat haar as 'n "scream queen" gevestig het.[1][2]

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

Mia Gypsy Mello da Silva Goth[3] is gebore op 25 Oktober 1993[4] in Guy's Hospital in Londen, Engeland.[5] Haar moeder is Brasiliaans en haar vader is Kanadees, oorspronklik van Nova Scotia.[6] Haar oupa aan moederskant is Joods-Amerikaanse kunstenaar Lee Jaffe, en haar ouma aan moederskant is Brasiliaanse aktrise Maria Gladys.[7]

Goth het na Brasilië verhuis toe sy twee weke oud was, want haar ma, wat toe 20 was, het hulp van haar familie nodig gehad om haar groot te maak.[5] Hulle het teruggekeer na die Verenigde Koninkryk toe sy vyf was en het kortstondig na haar pa se geboorteland, Kanada, verhuis toe sy tien was.[5] Daar het sy nege skole in 'n enkele skooljaar bygewoon; Goth het gesê dat die tydperk toe hulle by haar pa probeer woon het, baie moeilik was.[5] Toe sy twaalf was, het sy en haar ma hulle in Suidoos-Londen gevestig, waar sy Sydenham-skool bygewoon het.[5][8] Goth se ma het haar in 'n enkelouerhuishouding grootgemaak en as 'n kelnerin gewerk om hulle te onderhou.[9]

Filmografie

[wysig | wysig bron]

Rolprente

[wysig | wysig bron]
Sleutel

† Dui films aan wat nog nie vrygestel is nie

Lys van film rolle
Jaar Titel Rol Notas
2013 Nymphomaniac P Van Vol. II Afdeling: "The Gun"
2014 Magpie Die Meisie Kort film
2015 The Survivalist Milja
Everest Meg Weathers
2017 A Cure for Wellness Hannah Von Reichmerl
Marrowbone Jane Marrowbone
2018 Suspiria Sara Simms
High Life Boyse
2019 The Staggering Girl Young Sofia Moretti Kort film
2020 Emma Harriet Smith
2021 Mayday Marsha
2022 The House Mabel (stem) Afdeling: "I – And heard within, a lie is spun"
X Maxine Minx / Pearl
Pearl Pearl Ook skrywer
2023 Infinity Pool Gabi Bauer
2024 MaXXXine Maxine Minx Ook produsent
TBA Frankenstein The Bride Nog besig met verfilming

Video's

[wysig | wysig bron]
  • 2014: Future Unlimited: Haunted Love

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Mia Goth Is Not Your Average Scream Queen". W Magazine (in Engels). 20 Februarie 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2023. Besoek op 12 April 2024.
  2. Caballero, David (7 Februarie 2023). "Movies That Prove Mia Goth Is The Best Contemporary Scream Queen". Collider (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2023. Besoek op 12 April 2024.
  3. Godfrey, Alex (8 Februarie 2016). "Mia Goth: 'I'm always scared of feeling like a fake'". The Guardian. London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2018. Besoek op 21 Februarie 2017.
  4. "Famous birthdays for Oct. 25: Mia Goth, Chad Smith". United Press International. 25 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2023. Besoek op 8 Maart 2024.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 Aftab, Kaleem (November 2018). "Mia Goth: 'I became a huge liar, as I knew I would never be anywhere for long'". iNews. Johnston Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2018. Besoek op 1 Desember 2018.
  6. Anderson, Ariston (18 Oktober 2018). "Mia Goth Reveals the Costumes She Wanted to Steal From the 'Suspiria' Set". The Hollywood Reporter. Prometheus Global Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2018. Besoek op 2 November 2018.
  7. "Minha vida daria uma trilogia". Folha de S.Paulo (in Portugees). São Paulo, Brazil. 7 September 2014. ISSN 1414-5723. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2019. Besoek op 1 Desember 2018 – via PressReader.
  8. Perry, Kevin Eg (13 Februarie 2020). "Mia Goth on marriage, modelling and that Miu Miu campaign". Evening Standard (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2024. Besoek op 14 Junie 2024.
  9. Yamato, Jen (19 September 2022). "A killer monologue. A 'gift' of a role. How Mia Goth brought her maniacal 'Pearl' to life". Los Angeles Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2022. Besoek op 28 September 2022.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]