Piksteel-barrakuda
Voorkoms
Piksteel-barrakuda | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. jello
|
Binomiale naam | |
Sphyraena jello Cuvier in Cuvier en Valenciennes, 1829
|
Die Piksteel-barrakuda (Sphyraena jello) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika voorkom van Oman tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Pickhandle barracuda.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die vis is silwer kleurig met 'n geel groenerige skynsel aan die bokant. Die volwasse vissie het 20 donker dwars strepe oor die rug. Die dorsale vinne is groenerig, die anale vin is bleek en die stertvin is 'n dowwe geel. Die vis kan tot 1.4 m lank word.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis verkies koraal- en rots riwwe om in te leef in water wat tot 33 m diep is.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7