Svoboda | Graniru | BBC Russia | Golosameriki | Facebook

Kragtig. Persoonlik. Privaat.

Kry ongeëwenaarde aanpassingsopsies en ingeboude funksies vir beter verrigting, produktiwiteit en privaatheid.

Laai Vivaldi af Verken funksies

Nuutste nuus

Verbeterde blaaierfunksies vir werkskerm en Vivaldi Mail 2.0 met nuwe funksionaliteite.

Lees nog

Vivaldi 6.8 for Android - New ways to make the browser match you and updated Ad Blocker.

Lees nog

Kragtig

Volgelaai en supervinnig

Gewone webblaaiers is nie met u in gedagte gebou nie. Hulle bedien die massas. Omdat u ’n unieke individu is, dink ons u verdien keuses. Daarom het ons dit by Vivaldi ingebou om aan u die mag te gee om u instellings te meng en pas. Vir ’n blaaier wat so uniek soos u is.

Vivaldi-blaaiervenster

Slim hulpbronbestuur

Ons aanpasbare gebruikerskoppelvlak en funksies is ontwerp om u blaai-ervaring vinniger, eenvoudiger en effektiewer te maak.

Lees nog

Regtig epiese oortjiebestuur

Organiseer ’n onbeperkte aantal oortjies in tweevlakstapels. ’n Intuïtiewe, visuele manier om deur u oortjies te blaai.

Lees nog

Privaat

Egte privaatheid in die kern

Ons volg nie u gedrag nie. En ons probeer om ander naspoorders te versper wat u probeer volg op die internet. As gevolg hiervan bly u privaat inligting altyd veilig — en kan u vry rondblaai sonder om te bekommer of iemand ’n kykie neem in u blaaigeskiedenis of volg wat u aanlyn doen.

Privaatheidstatistieke

Neem u privaatheid terug

Ons het geen idee wie u is of welke werwe u besoek nie. Ontspan terwyl u blaai.

Lees nog

Versper advertensies en opwipvensters

Opwippe en advertensies is van die irriterendste dinge op die internet. U kan nou met ’n paar klikke daarvan ontslae raak.

Lees nog

Maak u met plesier los van die tegnologiereuse

Laai Vivaldi af

Vivaldi het by verstek ’n verstommende hoeveelheid aanpasbaarheid beskikbaar.

U gebruik waarskynlik nie die web se beste blaaier nie.

Persoonlik

Die mees veelsydige blaaier

Vivaldi het talle instellings en funksies waarmee u kan speel, van die superbuigbare gebruikerskoppelvlak tot kortpaaie en aangepaste makro’s. Elke keer wat u die blaaier open, kan u ’n nuwe nutsmiddel of aanpassing ontdek wat u lewe gemakliker sal maak.

Nutsbalkredigeerder in Vivaldi-blaaier

Skep deelbare temas

Stel u voorkeur aangepaste kleure, agtergronde, oortjierandafronding en ander instellings in. Deel dan u skepping met die wêreld en voeg temas vanuit die gemeenskap toe tot u eie temabiblioteek.

Vivaldi tema’s

CTRLE

Probeer pasgemaakte sneltoetse

Wil u tyd bespaar? Skep pasgemaakte sneltoetse vir elke enkele aksie in die blaaier.

Lees nog

Skep u persoonlike blaaier

Laai Vivaldi af
Funksies

Al die ingeboude dinge wat u wil hê

Verminder u gebruik van derdepartytoeps. Gebruik inheemse nutsmiddels wat veilig en betroubaar is en nooit ooit u data deel of verkoop nie. (Ons het nie eens toegang daartoe nie.)

Sneltoetse en instellings vir kraggebruikers

Laat Vivaldi werk soos u wil. Sneltoetse, muisgebare, aangepaste soekenjins en snelbevele is maar enkele van die maniere waarop u die navigasie kan aanpas en die meeste uit elke blaaisessie kan put.

Lees nog

Behou u uitbreidings

Vivaldi het soveel funksies ingebou dat u in tyd nie meer u gunstelinguitbreidings benodig nie. Maar net ingeval, kan u altyd uitbreidings installeer vanuit die Chrome Webwinkel.

Lees nog

Sinchronisering

Sinchroniseer oor al u toetstelle

Vivaldi werk soomloos op lessenaar- en mobiele toestelle en sinchroniseer u blaaigeskiedenis, wagwoorde, boekmerke, oortjies en meer. Ons gebruik eind-tot-eind-enkripsie om te voorkom dat u data toeganklik is vir derdepartye. En as ekstra bonus lê u blaaidata ter plaatse in Ysland, waar dit onder streng privaaatheidswette val.

Vivaldi Sinchronisering met telefoon en rekenaar
Vivaldi-blaaier in aksie op tablet en telefoon

Vivaldi op mobiel

Mobiele blaaiery op u voorwaardes. Vivaldi op u selfoon is boordensvol nuttige funksies, waaronder ’n ingeboude advertensieversperder en beveiliging teen naspoorders. U kan oop oortjies, bewaarde wagwoorde en notas soomloos sinchroniseer met die bybehorende Vivaldi op u rekenaar.

Vivaldi op Android | Vivaldi op iOS

Vivaldi-blaaier in ’n motorkar

Vivaldi vir Android Outomobiel OS

Vivaldi vir Android Automotive OS bied volskaalse blaaiery vanaf die bestuurderstoel. Van ’n mobiele vermaaklikheidsuite tot ’n aangepaste bevelsentrum vir werk op die pad, Vivaldi het dit vir u.

Vivaldi vir Android Outomobiel OS

Oor Vivaldi

Ons waardes in aksie

Om kontact met ons gemeenskap te hou is belangrik om die Vivaldi-gees lewend te hou. Om nie eers die bou van die beste moontlike blaaier te noem nie. Ons gebruik ons platform ook om positiewe neigings te deel of om ons uit te spreek oor skadelike praktyke wat u - en die samelewing as geheel - in gevaar kan bring.

Oor Vivaldi

Vivaldi se span in Ysland

Privaatheid is nie dood nie

U het keuses tussen blaaiers en soekenjins

Lees nog

Waarom kies vir Vivaldi Social, ons bediener op Mastodon?

Want dis nie ’n voëltjietoep nie! 😉 Dit is ’n gedesentraliseerde sosiale netwerk sonder algoritmes wat u gebruikspatroon versamel. Geen advertensies. Geen inbreuk op privaatheid. Bloot ougat.

Vivaldi Sosiaal

Wat is ons standpunt oor kriptovaluta?

Weg van die opwinding het virtuele valuta baie reële nagevolge vir mense, gemeenskappe en die omgewing.

Lees nog

Al ooit die gevoel gekry dat u dopgehou word?

Dit is tyd om nee te sê vir profilering en waarneming-gebaseerde advertensies.

Lees nog

Maak u met plesier los van die tegnologiereuse

Laai Vivaldi af